Kuier Combo

KONSERTINA-AARTAPPELS

-

Genoeg vir 6 BESTANDDEL­E

6 middelslag-aartappels 3 bruinsampi­oene 1 ui 3 knoffelhui­sies, fyngekap 3 teelepels pietersiel­ie, fyngekap 3 teelepels tiemie, fyngekap 1 teelepel sout 100 g botter

METODE

Voorverhit die oond tot 200 °C. Of kry warm kole gereed in ’n ketelbraai. Sny aartappel in dun skyfies van 1 – 2 mm, maar moenie heeltemal deursny nie. Die skyfies moet nog vas wees aan die onderkant van die skil. Besprinkel met sout. Kap sampioene en ui baie fyn – dit moet binne-in die aartappel gestop word. Braai die sampioene, ui, knoffel, pietersiel­ie en tiemie in 3 eetlepels botter tot sag en geurig – ongeveer 5 – 10 minute. Druk die uiemengsel in die gleuwe van die aartappel en plaas die aartappels saam met die botter in ’n plat swartpot of oondbak. Bedek met ’n deksel of foelie en bak vir ongeveer 40 minute. Verwyder die deksel of foelie. Skep van die botter bo-oor die aartappel en gebruik ’n lepel of vurk om die vulsel wat uit die aartappel geloop het, terug te druk. Plaas die bak weer terug en bak onbedek vir nog 20 minute. Hierdie aartappels is heerlik saam met enige gebraaide hoenderger­eg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa