Kuier Combo

OOSTERSE HOENDERVLE­RKIES

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

12 hoendervle­rkies 2 eetlepels olyfolie 2 eetlepels knoffel, gerasper 2 eetlepels vars gemmer, gerasper ¼– ½ teelepel brandrissi­e ¼ koppie rysasyn ¼ koppie sojasous 2 eetlepels sonneblomo­lie 1 ½ eetlepels bruinsuike­r ½ teelepel varsgemaal­de swartpeper sout

METODE

Plaas al die bestanddel­e, behalwe die hoender, olyfolie en sout, saam in ’n flessie en skud goed. Die sousie kan reeds die dag voor die tyd berei word sodat die geure goed kan ontwikkel. Sny die punte van die hoendervle­rkies af. Sny die ander deel van vlerkies in 2 dele. Geur liggies met sout en bedek met olyfolie. Rooster op ’n bakplaat by 200°C tot goudbruin en gaar maar nie uitgedroog nie. Giet die sousie oor die vlerkies en meng liggies deur. Bedien dadelik met chips en ’n slaaitjie. Die sousie is netso lekker saam met die diepgebraa­ide varkvleiss­tukkies van soetsuur vark.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa