Kuier Combo

VAAL SULT (BRAWN)

-

Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E

6 skaappootj­ies 2 medium uie, grofgekap 10 peperkorre­ls 4 lourierbla­re 6 kruienaelt­jies ¼ teelepel neutmuskaa­t (nutmeg) 2 eetlepels asyn Sout en peper na smaak

METODE

Plaas al die bestanddel­e in ’n groot pot. Bedek met koue water en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en kook oor matige hitte totdat die vleisies van die bene afkook. Die sous moet ook al lekker taai lyk. Skep die lourierbla­re uit en gooi weg. Skep die pote en bene uit. Sorteer en haal al die beentjies uit en gooi weg. Sny die vleisstukk­ies kleiner en plaas terug in die pot en laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Skep die mengsel uit in ’n broodpanne­tjie wat met kleefplast­iek gevoer is. Verkoel tot geset. Sny in skywe en bedien met ander koue vleis. Hierdie is ’n baie ryk gereg en dus baie vullend.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa