SOETSUUR-VARK
Genoeg vir 4 BESTANDDELE
400 g varkvleis stukkies, in blokkies gesny Sout na smaak 1 koppie bruismeel 1 eetlepel Maizena Sodawater 1 eetlepel Maizena 3 eetlepels water 1 ½ koppie pynappelsap ½ koppie pynappelstukke 1 eetlepel asyn 1 eetlepel bruinsuiker 1 eetlepel tamatiepasta ½ teelepel rissievlokkies Olie vir diepbraai Noedels of rys vir opdiening
METODE
Meng die 1 eetlepel Maizena en die 3 eetlepels water tot glad en opgelos. Plaas die pynappelsap, asyn, bruinsuiker, tamatiepasta en rissievlokkies saam in ’n klein potjie. Bring tot kookpunt. Roer die Maizena mengsel by en roer tot glad en verdik. Voeg ½ koppie pynappelstukke by die sous en hou eenkant. Verhit genoeg olie vir diepbraai in ’n pot. Geur die vleisblokkies liggies met sout. Meng die bruismeel en Maizena. Roer net genoeg sodawater by om ’n beslag te vorm wat soos dik room lyk. Dip die vleisblokkies in die beslag en diepbraai ’n paar stukkies op ’n slag tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Skep die varkvleis stukkies in’ n bakkie en skep die sous bo-op. Bedien met rys of noedels.