Kuier Combo

MINI-HOENDER-ENRYSPOTPA­STEIE

-

Genoeg vir 4

Kinders hou veral van dié oulike pasteitjie­s. Gebruik sommer ’n gaar hoender wat jy by die supermark koop.

BESTANDDEL­E

2 eetlepels botter 100 g ham, gekap 1 bossie grasuie, gekap 1 gekoopte gaar hoender, ontbeen, vleis en vel in repies gesny 1 eetlepel koekmeel 1 koppie room Sout en peper na smaak 2 koppies gaar Spekko Royal Umbrella Jasmine Rice 800 g blaardeeg (puff pastry) 1 eier, geklits

METODE

Voorverhit die oond tot 200° C en smeer ’n 12-koppie muffinpan. Verhit die botter en soteer die ham en grasuie vir ’n paar minute. Roer die hoendervle­is by en soteer vir sowat 5 minute. Meng die meel by en roer deur. Roer die room by die mengsel en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en geur na smaak. Sit eenkant om te verkoel. Sny 12 sirkels uit die blaardeeg en druk dit teen die bodem en kante van elke muffin-koppie. Skep 2 eetlepels gaar rys in elke holte. Skep hoendermen­gsel bo-oor. Bedek met blaardeeg-sirkels. Versier die pasteitjie­s met blaartjies wat jy uit die oorblywend­e blaardeeg kan sny. Verf die eier bo-oor elke pasteitjie en bak dan vir sowat 20 minute tot die pasteie goudbruin is. Anna Carolina Alberts het die resep vir Spekko ontwikkel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa