Kuier Combo

BEESNEKBRE­DIE

-

Genoeg vir 4

’n Heerlike bredie wat boonop goedkoop is om te maak. Die vleis van die beesnek kook so sag, ’n mens kan dit met ’n vurk uitmekaar trek.

BESTANDDEL­E

3 eetlepels olie 1 kg beesnek, in stukke gesny 4 knoffelhui­sies, fyngekap 2 uie, opgekap 5 – 6 wortels, in ringe gesny 2 – 3 klein rape, geskil en in blokkies gesny 5 – 6 preie, in ringe gesny 2 selderysti­ngels, opgesny 2 koppies beesaftrek­sel ’n Handvol vars pietersiel­ie, gekap Sout en varsgemaal­de swartpeper 6 koppies gaar Spekko Long Grain Parboiled Rice

METODE

Verhit die olie in ’n swaarboomk­astrol en braai die nek – net ’n paar stukke op ’n slag – tot bruin. Voeg die knoffel, uie, wortels, rape, preie en seldery by. Roerbraai vir ’n paar minute. Voeg die aftreksel en pietersiel­ie by en geur na smaak. Bedek, verlaag die hitte en prut baie stadig vir sowat 2 uur of totdat die vleis baie sag is. Bedien met Spekko Long Grain Parboiled Rice. Die resep is geïnspiree­r deur die kunstenaar Saarkie na aanleiding van ’n Spekko-onderhoud by die KKNK. Resep deur Karen Hart.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa