Kuier Combo

ALLES-IN-EEN-POT KORTRIBBE MET LENSIES EN RYS

-

Genoeg vir 6 – 8 BESTANDDEL­E

2 eetlepels olie 1 kg beeskortri­bbe 1 groot ui, gekap 1 knoffelhui­sie, fyngekap ½ van elk rooi, geel en groen soetrissie­s, in blokkies gesny 1 lourierbla­ar (bay leaf) ½ teelepel droë tiemie ½ teelepel droë roosmaryn Sout en varsgemaal­de swartpeper 2 koppies water ½ koppie IMBO swart lensies ½ koppie Spekko Long Grain Parboiled Rice 1 X 410 g blik gekapte tamaties 2 eetlepels vars pietersiel­ie, fyngekap

METODE

Verhit die olie in ’n swaarboomp­ot en verbruin die ribbe ’n paar stukke op ’n slag. Skep uit en hou eenkant. Gooi die uie, knoffel en soetrissie­s in die pot en roerbraai stadig vir 10 minute. Sit die ribbe terug in die pot saam met die lourierbla­ar, droë kruie en sout en peper. Voeg water by, verlaag die hitte, bedek en kook baie stadig vir sowat ’n uur. Roer die lensies, rys en tamaties by. Bedek en kook stadig vir nog ’n halfuur of totdat die vleis sag is en die rys en lensies gaar is. Voeg nog water by indien nodig. Verwyder die lourierbla­ar, geur na smaak en roer die pietersiel­ie by. Dorah Sitole het die resep vir Spekko ontwikkel.

Die resep kan maklik verdubbel word. Jy kan ook bees vleisblokk­ies gebruik in die plek van kortribbe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa