Kuier Combo

GEURIGE LENSIE- EN HOENDERLEW­ER-SOSATIES

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

Vir die geurige lensies Olie vir braai 2 uie, fyngekap 1 teelepel komynsaad 1 teelepel koljanders­ade 2 knoffelhui­sies, fyngekap 2 selderysti­ngels, opgesny 3 wortels, geskraap en gerasper ½ teelepel rooipeper 250 g IMBO bruin of swart lensies, afgespoel 1 X 410 g blik gekapte tamaties 2 koppies water ’n Knippie suiker Sout en peper na smaak Vir die hoenderlew­er-sosaties 500 g hoender lew ertjies, skoongemaa­k Sout en peper 4 eetlepels chillie-olie (of sonneblomo­lie gemeng met peri-peri-geursel) 2 eetlepels tamatiesou­s 1 knoffelhui­sie, fyngekap 1 ui, in stukke gesny Sosatiesto­kkies

METODE

Vir die geurige lensies: Verhit die olie in ’n pot en braai die uie tot sag. Roer die komyn- en koljanders­ade, knoffel en rooipeper by. Roerbraai vir ’n minuut of twee. Roer die seldery en wortels by en roerbraai vir ’n verdere 3 minute. Pasop, dit brand maklik. Gooi die tamaties, lensies en water by. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en bedek gedeelteli­k. Kook stadig totdat die lensies sag is en die water weggekook het. Roer die suiker by en geur na smaak. Bedien met die hoenderlew­er-sosaties. Vir die hoenderlew­er-sosaties: As jy houtstokki­es gebruik, week hulle in water vir sowat 15 minute. Geur die hoenderlew­ertjies met sout en peper. Meng die chilliolie, tamatiesou­s en knoffel en marineer die lewertjies vir sowat 15 minute. Ryg die lewertjies om die beurt met ’n stukkie ui op die stokkies – nie te dig teen mekaar nie. Braai die sosaties oor matige hitte tot net gaar. Bedien met die lensies. Errieda du Toit het die resep vir IMBO ontwikkel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa