Kuier Combo

ALLES-IN-EEN-POT RYS, SPEK EN BONE

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

1 koppie Spekko Long Grain Parboiled Rice

125 g pakkie spek (bacon), fyngekap 1 groot ui, fyngekap ½ koppie vars seldery, fyngekap 1 rooi rissie, saadjies verwyder en gekap 1 rooi soetrissie, saadjies verwyder en gekap 2 koppies gaar IMBO red speckled beans 2 eetlepels vars pietersiel­ie, gekap ½ koppie grasuie en stingels, gesny 2 eetlepels tamatiesou­s ½ eetlepel Worcesters­hire-sous 2 eetlepels tamatiepas­ta Sout en varsgemaal­de swartpeper

METODE

Maak die rys gaar volgens die aanwysings op die pak. Hou warm. Braai die spek in ʼn swaarboom pot tot bros. Skep uit en hou eenkant. Soteer die ui, seldery, rissie en soetrissie in dieselfde pot tot net sag. Roer die gaar boontjies, pietersiel­ie, grasuie, tamatiesou­s, Worcesterh­ire-sous en tamatiepas­ta by. Geur na smaak. Kook stadig vir sowat ’n halfuur. Bedien op die rys. Karen Hart het die resep ontwikkel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa