Kuier Combo

LENSIE-EN -FRAMBOOSST­AFIES

-

Maak 18 stafies BESTANDDEL­E

Vir die basis 325 ml volkoringm­eel 4 eetlepels suiker ½ teelepel bakpoeier ½ teelepel kaneel ’n Knippie sout ½ koppie botter 1 eier, geklits 4 eetlepels framboos- (raspberry) of aarbeikonf­yt Vir die lensie-vulsel 270 ml gaar IMBO bruin lensies ½ koppie water 175 ml bruin suiker 4 eetlepels koekmeel 1 ½ teelepel bakpoeier ’n Knippie sout ½ teelepel vanilla essence 2 eiers, geklits 175 ml IMBO uitgedroog­de klapper (coconut) ½ koppie pekanneute, opgekap

METODE

Voorverhit die oond tot 190° C en smeer ’n 22 X 33 cm bakplaat. Maak eers die basis. Meng die meel, suiker, bakpoeier, kaneel en sout in ’n mengbak. Sny die botter in die mengsel totdat growwe krummels vorm. Meng die eier by tot ’n deeg vorm. Druk die mengsel in die bakplaat en bak sowat 10 minute tot gaar. Sit eenkant om af te koel. Smeer die konfyt bo-oor. Verlaag die oondtemper­atuur tot 180° C. Verwerk die lensies en ½ koppie water in ’n voedselver­werker tot fyn. In ’n aparte mengbak, meng die suiker, meel, bakpoeier en sout. Meng die lensiemoes, vanilla en eiers by. Roer die klapper en pekanneute by en smeer die mengsel bo-oor die konfyt. Bak vir sowat 35 minute. Laat afkoel en sny in 18 stafies. Resep van pulses.org

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa