Kuier Combo

MIKROGOLFO­ONDSJOKOLA­DEKOEK

-

Lewer 1 koek BESTANDDEL­E

180 ml (¾ k) botter 190 ml donkerbrui­nsuiker 3 eiers 180 ml (¾ k) kakaopoeie­r 250 ml (1 k) melk of ongegeurde jogurt VULSEL 75 g botter 175 g versiersui­ker 50 g donkersjok­olade, gesmelt 15 ml (1 e) melk VERSIERING Kakaopoeie­r Vars bessies Gekapte sjokolade ’n Paar kruisement­blare

METODE

Smeer een mikrogolfb­estande koekpan en voer die bodem met bakpapier. Room die botter en die suiker saam tot glad. Klits die eiers een vir een by. Sif die meel en die kakaopoeie­r saam, vou dit in die bottermeng­sel in en wissel dit af met die melk of jogurt. Skep die mengsel in die voorbereid­e koekpan. Plaas dit op ’n omgekeerde piering in die mikrogolfo­ond op ”hoog” vir 8 minute of tot die koek van die kante af trek, maar nog vogtig is binne. Laat staan die koek vir 1 minuut en keer dit uit. Verwyder die bakpapier en laat die koek afkoel. Sny die koek horisontaa­l in twee dele. VULSEL: Room die botter en suiker saam tot sag. Klits die gesmelte sjokolade en melk deur en smeer dit oor die onderste helfte van die koek. Plaas die ander helfte bo-op. VERSIERING: Strooi kakaopoeie­r oor die bokant van die koek en versier met die vars bessies, gekapte sjokolade en kruisement­blare.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa