Kuier Combo

MELKJELLIE­S

-

Lewer 4 porsies BESTANDDEL­E

1 x 380 g-blikkie ingedampte melk 2 x 80 g-pakkies kersiegeur jellie 450 ml kookwater 400 ml koue water Styfgeklit­ste room (opsioneel) Vars aarbeie of enige ander vrugte (opsioneel) Verkoel die ingedampte melk oornag in die yskas. Meng die jelliepoei­er met die kookwater en roer tot die jellie opgelos het. Voeg die koue water by en meng deur. Laat die jelliemeng­sel heeltemal afkoel, maar nie stol nie. Klits die ingedampte melk styf met ’n elektriese klitser en vou dit by die jellie in. Giet die jelliemeng­sel in 4 klein bakkies en laat dit vir 1 – 2 uur in die yskas stol. Skep styfgeklit­ste room oor, versier met vrugte en bedien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa