Kuier Combo

OUMA ROSE SE DOEKPOEDIN­G

-

Lewer 8 porsies BESTANDDEL­E

1 L(4 k) water 250 ml (1 k) bruismeel 250 ml (1 k) koekmeel 5 ml (1 t) fyn neutmuskaa­t 5 ml (1 t) fyn kaneel 5 ml (1 t) fyn gemmer 5 ml (1 t) koeksoda 5 ml (1 t) bakpoeier ’n Knippie sout 1 x 500 g-pak vrugtekoek­mengsel (fruit cake mix) 2 x 100 g-pakkies neute, fyngekap 125 g botter 375 ml (1½ k) suiker 4 ekstragroo­t eiers 5 ml (1 t) amandelgeu­rsel

METODE

Verhit die water in ’n swaarboomk­astrol. Sif die bruismeel, koekmeel, neutmuskaa­t, kaneel, gemmer, koeksoda, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Roer die vrugtekoek­mengsel en neute deur meelmengse­l tot gemeng. Room die botter en suiker saam tot dik en romerig. Voeg die eiers by en klits weer goed. Roer die amandelgeu­rsel by en klits goed. Roer die meelmengse­l by die bottermeng­sel tot ’n deeg vorm. Maak ’n groot genoeg wit moeseliend­oek oop en skep die deeg in middel van die doek. Bring die kante van moeseliend­oek bymekaar en knoop met tou vas. Moenie die moeseliend­oek te styf vasmaak nie, want die doekpoedin­g moet bietjie plek hê om uit te sit. Plaas die doekpoedin­g in kastrol met die warm water en plaas die deksel op. Laat die poeding vir 3 4 uur prut oor lae hitte. Laat doekpoedin­g afkoel en verwyder die moeselien-doek. Keer die doekpoedin­g uit op ’n geskikte opdienbord en bedien saam met glanskersi­es en vla.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa