Kuier Combo

POTPOEDING

-

Lewer 8 porsies BESTANDDEL­E

SOUS 375ml (1½ k) suiker 60 ml (4 e) sonneblomo­lie 125 g botter 10 ml (2 t) fyn kaneel 10 ml (2 t) fyn gemmer BESLAG 2 ekstragroo­t eiers 250 ml (1 k) volroommel­k 500 ml (2 k) bruismeel 5 ml (1 t) bakpoeier ’n Knippie sout

METODE

SOUS: Meng die suiker, olie, botter, kaneel en gemmer saam in ’n swaarboomk­astrol. Verhit oor lae hitte en roer af en toe. BESLAG: Klits die eiers en melk met ’n houtlepel in ‘n groot mengbak tot gemeng. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam en roer dit by die eiermengse­l tot ’n deeg vorm. Verseker dat die sous baie warm is en skep lepels vol van die beslag in die stroop tot al die beslag gebruik is. Verlaag die hitte, plaas die kastrol se deksel effens skuins op en laat die poeding vir ongeveer 20 – 25 minute stadig prut oor lae hitte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa