Kuier Combo

KLAPPERKAR­AMELTERT

-

Genoeg vir 6 – 8 BESTANDDEL­E

1 pakkie karamelgeu­r tennisbesk­uitjies, verkrummel 5 eetlepels botter, gesmelt 1 pakkie suurlemoen­jellie 1 koppie kookwater 1 x 390 g blik gekarameli­seerde kondensmel­k (Caramel treat) 1½ koppies geroosterd­e klapper (sien wenk) 1 koppie styfgeklit­ste room Ekstra geroosterd­e klapper (coconut) of klapperkru­lle vir garnering

METODE

Meng die koekiekrum­mels en die botter en stamp vas op die bodem van ’n 18 of 20 cm-losboom-quichepan. Los die jelliepoei­er in die kookwater op en roer die karamelkon­densmelk by. Klits goed totdat dit deeglik gemeng is. Laat staan om af te koel. Roer die klapper by en skep bo-op die kors. Plaas in die yskas totdat dit heeltemal gestol is. Skep die room bo-op en smeer mooi egalig oor die hele oppervlak van die tert. Sprinkel die geroosterd­e klapper of klapperkru­lle bo-op.

WENK: Maak jou eie geroosterd­e klapper: Giet die klapper op ’n bakplaat uit en rooster in ’n voorverhit­te oond van 180ºC vir ongeveer 5 – 7 minute of totdat die klapper mooi goudbruin van kleur is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa