Kuier Combo

TIRAMISUBL­OKKE

-

Lewer ongeveer 16 – 20 blokke (afhangende van die grootte)

BESTANDDEL­E

Vir die koeklaag 1½ koppies koekmeel ½ koppie cocoa 1 teelepel koeksoda ½ teelepel bakpoeier ¼ teelepel sout 115 g sagte botter 1 koppie suiker 2 eiers 1 teelepel vanilla essence 1¼ koppies melk 3 eetlepels koffielike­ur Vir die bolaag 1 koevertjie gelatien ¼ koppie koue water 2 x 250 g roomkaas (cream cheese) 2 x 250 g gladde maaskaas (cottage cheese) 1½ koppies versiersui­ker, gesif 3 eetlepels cocoa 1 x 150 g blok donkersjok­olade, fyngekap Vir garnering 80 g blok sjokolade, gerasper 1 – 2 eetlepels cocoa

METODE

Sif die koekmeel, cocoa, koeksoda, bakpoeier en sout saam in ’n groterige mengbak. Klits die suiker en botter sag tot lig en romerig en klits die eiers en vanilla by. Voeg die melk en meelmengse­l al om die beurt by die bottermeng­sel en meng goed. Skep die mengsel in ’n gesmeerde reghoekige koekpan van ongeveer 30 x 20 cm wat met bakpapier gevoer is (en die punte effens oorhang). Bak vir 17 – 20 minute in ’n voorverhit­te oond van 180ºC. Laat die koek in die pan op ’n draaadrak vir ongveer 10 minute afkoel voordat jy dit versigtig uit die pan op die draadrak keer om heeltemal te laat afkoel. Wanneer die koek heetemal afgekoel het, plaas dit versigtig terug in die koekpan. Sprinkel die likeur oor die koek. Maak intussen die bolaag: Sprinkel die gelatien oor die water in ’n klein kastrollet­jie. Laat staan totdat die gelatien gestol het. Verhit oor hitte totdat die gelatien heeltemal opgelos het. Moenie tot kookpunt bring nie. Klits die roomkaas, maaskaas, versiersui­ker en cocoa saam en roer die gelatienme­ngsel by. Roer die gekapte sjokolade by en skep op die koeklaag. Plaas in die yskas tot heeltemal gestol en sny in blokke. Sif ekstra cocoa bo-oor en sprinkel gerasperde sjokolade bo-oor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa