Kuier Combo

COSTILLITA­S

-

(Sitrusvark­ribbetjies) Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

1 hele varkrib

Sout en varsgemaal­de peper

Marinade

2 eetlepels fyn knoffel

1 eetlepel sout

1 teelepel fyn komyn (jeera) 1 teelepel gedroogde origanum 1 eetlepel gerookte paprika 1 teelepel rissiepoei­er

2 eetlepels bruinsuike­r

¼ koppie lemoensap

¼ koppie sonneblomo­lie 2 eetlepels asyn

½ teelepel growwe swartpeper ½ ui, gekap

METODE

Marinade: Pols al die bestanddel­e vir die marinade in ’n versapper tot glad.

Ribbetjies: Vryf die rib aan beide kante goed in met sout en peper. Sit die rib in ’n oondskotte­l en bedek met die marinade. Smeer die marinade goed in, bedek die rib en verkoel oornag in yskas. Voorverhit oond tot 120

°C. Bedek die oondbak met foelie en bak vir 3 ure tot sag en gaar. Haal die rib uit die oondskotte­l en laat afkoel. Sit die oorskietma­rinade in die skottel eenkant. Braai die rib oor warm kole vir 5 minute aan ’n kant, terwyl jy dit verf met die res van die marinade in die oondskotte­l.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa