Kuier Combo

ARROZ CON POLLO

-

Genoeg vir 6

Hierdie resep is die Kubaanse eweknie van paella, maar met die verskil dat dit nie seekos bevat nie. Die naam kan direk vertaal word as“rys en hoender”.

BESTANDDEL­E

4 hoenderdye en 4 -boudjies Sout en varsgemaal­de peper na smaak

2 teelepels fyn komyn (jeera) 1 teelepel gedroogde origanum 1 teelepel knoffelvlo­kkies ½ teelepel cayennepep­er 3 eetlepels olyfolie

1 groot ui, grofgekap

1 rooi en 1 groen soetrissie, opgesny

1 eetlepel vars knoffel

2 eetlepels tamatiepas­ta 1 koppie rou witrys

2 koppies hoenderaft­reksel

1 x 410 g-blik tamaties, gekap 1 lourierbla­ar (bay leaf)

Vars pietersiel­ie of koljander vir versiering

METODE

Geur die hoenderstu­kke met sout en peper. Meng die komyn, origanum, knoffel en cayennepep­er in ’n bakkie. Vryf die hoender goed in met dié mengsel. Verhit die olie in ’n groot pan. Braai die hoender, ’n paar stukke op ’n slag in die olie tot bruin aan albei kante. Skep uit en hou eenkant. Voeg die ui en soetrissie in die pan en braai tot sag. Voeg die knoffel en tamatiepas­ta by en roer deur. Roer die rys by en roer dit goed deur en voeg die aftreksel, tamaties en lourierbla­ar by. Pak die hoenderstu­kke bo-op, bedek en prut oor lae hitte totdat die hoender gaar en rys sag is. Roer af en toe sodat dit nie brand nie. Voeg nog klein bietjies water by indien nodig. Versier met pietersiel­ie of koljander en bedien.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa