Kuier Combo

MOUSSAKA

-

Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E

2 groot eiervrugte, in ½ cmskywe gesny

Sout na smaak

Olyfolie soos nodig

1 ui, gekap

500 g maalvleis

1 eetlepel origanum 1 teelepel fyn kaneel ½ teelepel peper

½ teelepel neutmuskaa­t (nutmeg)

½ teelepel paprika

½ koppie rooiwyn 1 x 410g-blik tamaties, gekap 1 eetlepel suiker

1 koppie beesvleisa­ftreksel

Kaas-bolaag

¾ koppie ongegeurde jogurt 3 groot eiers, geklits 1 eetlepel koekmeel ½ koppie roomkaas

80 g feta, gekrummel 4 eetlepels broodkrumm­els (vir die samestelli­ng)

METODE

Pak die eiervrugte op ’n bakplaat en sprinkel met sout om ontslae te raak van oortollige vog en bitterheid. Los vir ten minste 30 minute. Druk droog met kombuispap­ier, besprinkel met olyfolie en rooster by

200 °C tot goudbruin en halfgaar. Verhit olyfolie in ’n pan en braai die ui tot goudbruin. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Voeg die origanum, kaneel, peper, neut en paprika by en roer deur. Roer die wyn, tamaties, suiker en aftreksel by en prut vir omtrent 30 minute tot die sous verdik. Voorverhit die oond tot 180 °C.

Bo-laag: Meng die jogurt, eiers en meel en roer die roomkaas en feta daarby. Smeer ’n oondvaste bak en pak nou die moussaka. Samestelli­ng: Pak ’n laag eiervrug, gevolg deur maalvleis en herhaal. Gooi die bo-laag se mengsel bo-oor gevolg deur die broodkrumm­els. Bak vir 45 minute tot goudbruin. Laat staan vir 10 minute voordat jy die moussaka in blokke sny en met groente bedien.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa