Kuier Combo

REVANI

-

(Ligte koek met sitrusstro­op) 1 groot ronde koek

BESTANDDEL­E Koek

2 koppies botter

2 koppies suiker

4 eiers, geskei

1 teelepel suiker

2 koppies klapper

1 koppie koekmeel

1 teelepel bakpoeier Gerasperde skil van 2 lemoene

Stroop

1½ koppies suiker 1½ koppies water

Sap van ½ suurlemoen

METODE

Koek: Voorverhit die oond tot 180 °C. Verroom die botter en suiker in ’n menger tot lig en donsig. Voeg die eiergele een vir een by en klop goed ná elke byvoeging. In ’n skoon mengbak, klits die eierwitte en 1 teelepel suiker tot sagte punte vorm. Meng die klapper, meel en bakpoeier in ’n aparte bak. Vou die eierwitte en die helfte van meelmengse­l by die nat bestanddel­e in. Vou daarna die res van die meelmengse­l en die lemoenskil by die beslag in. Smeer ’n ronde koekpan met botter en besprinkel liggies met meel. Giet die beslag in die gesmeerde pan en bak vir 40 – 45 minute by 180 °C. Laat die koek effens afkoel.

Stroop: Gooi al die bestanddel­e in ’n potjie, roer totdat die suiker opgelos is en kook vir 5 –10 minute tot die stroop effens verdik. Giet die stroop met ’n soplepel oor die koek en maak seker dit word geabsorbee­r voordat jy die volgende lepel oorskep. Sodra al die sous geabsorbee­r is, laat koel af en verkoel in die yskas. Bedien die koek netso teen kamertempe­ratuur of koud met ’n lepel vanilla-roomys.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa