Kuier Combo

CURRY GOAT

-

Genoeg vir 6 – 8

BESTANDDEL­E

1 kg stowebok- of lamsvleis 2 eetlepels matige of sterk kerriepoei­er

1 ui, gekap

1 sprietuie (spring onions), gekap 4 knoffeltoo­ntjies, gekap 1 eetlepel gemmer, gerasper 2 teelepels vars tiemieblaa­rtjies 1 groen brandrissi­e, gekap 1 teelepel swartpeper

1 teelepel sout

¼ koppie sonneblomo­lie 4 koppies kookwater

1 groot aartappel, opgesny 1 groot wortel, opgesny 4 wonderpepe­rbessies (allspice), fyngedruk

METODE

Spoel die vleis goed af en sit in ’n mengbak. Geur die vleis met 1 eetlepel van die kerriepoei­er, uie, sprietuie, knoffel, gemmer, tiemie, rissie, peper en sout en vryf dit goed in die vleis. Marineer vir ’n paar ure (ten minste 2 ure). Verhit die olie in ’n groot pot en voeg die ander eetlepel kerriepoei­er daarby en daarna die vleis. Verseël die buitekant van die vleis voordat jy die kookwater byvoeg. Bedek en prut tot die vleis amper sag is. Kooktyd sal afhang van die gehalte en sagtheid van jou vleis. Voeg die wortel, aartappels en wonderpepe­r by en kook tot die groente sag is. Bedien met rys en atjar.

 ??  ?? WENK Bokvleis is skaars. As jy nie bokvleis kry nie, gebruik lamsvleis.
WENK Bokvleis is skaars. As jy nie bokvleis kry nie, gebruik lamsvleis.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa