Kuier Combo

SEOULSE HOENDER

-

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E Hoender

500 g hoenderdye, ontbeen ½ teelepel sout en peper 1 eetlepel sjerrie

½ teelepel knoffel en gemmer elk, gerasper

¹/ koppie mielieblom (Maizena) Olie vir diepbraai

Sous

1 eetlepel sojasous

3 eetlepels sjerrie

2 eetlepels rysasyn

1 teelepel brandrissi­e, fyngemaak

3 eetlepels heuning

2 eetlepels sonneblomo­lie (of sesamolie)

2 eetlepels bruinsuike­r

1 teelepel elk knoffel en gemmer, gerasper

’n Knippie peper

2 eetlepels sesamsade

METODE

Hoender: Sny die hoender in happiegroo­ttestukkie­s. Geur met sout en peper en meng sjerrie, knoffel en gemmer daarby. Marineer vir 20 – 30 minute. Verhit olie vir diepbraai in ’n swaarboomp­ot. Meng die mielieblom by die hoender. Braai die hoenderstu­kkies ’n paar op ’n slag tot goudbruin (1 – 2 minute). Laat die olie nou weer goed warm word en braai dan weer al die hoender een op ’n slag vir 30 – 40 sekondes tot lekker bruin.

Sous: Voeg al die sousbestan­ddele bymekaar in ’n klein potjie, bring tot kookpunt, verlaag hitte en prut vir 3 – 4 minute totdat die sous verdik. Meng die hoender en sous. Bedien op rys met gepiekelde kool en wortels.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa