Kuier Combo

THAISE GROENVISKE­RRIE & NOEDELS

-

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

1 eetlepel klapperoli­e

3 eetlepels groen kerriepast­a ’n Handvol koljander, blare apart en stingels fyngekap

200 g jong groenbone

1 rooi brandrissi­e, gekap 2 koppies visaftreks­el

300 g stokvisstu­kkies of enige ander ferm witvis 150 g jong spinasie

1 x 410 g-blik klappermel­k Sap van ½ suurlemoen

METODE

Verhit die olie in ’n pot en voeg die kerriepast­a, koljanders­tingels, groenbone en rissie daarby. Roer oor lae hitte vir 5 minute. Voeg die visaftreks­el by en prut vir nog 5 minute. Roer die klappermel­k by en prut vir 5 minute totdat die sous verdik. Pak die spinasie en stukke vis bo-op, bedek en prut vir 2 – 3 minute totdat die vis deurgaar is. Sprinkel die suurlemoen­sap bo-oor. Versier met die koljanderb­lare en bedien met noedels.

 ??  ?? WENK Om dit meer luuks te maak, kan jy prawns en mossels gebruik.
WENK Om dit meer luuks te maak, kan jy prawns en mossels gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa