Kuier Combo

GEROOSTERD­E FOREL

-

Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E

1 groot forelfilet (trout) of 6 kleiner mootjies (jy kan salm ook gebruik, maar forel is plaaslike vis en heelwat goedkoper) Sout na smaak

4 eetlepels bruinsuike­r

Skil van ½ suurlemoen

’n Paar takkies dille

METODE

Pak die vis, velkant na onder op ’n gesmeerde bakplaat. Meng die sout, suiker, suurlemoen­skil en dille en vryf die vis daarmee. Laat rus vir 30 minute. Voorverhit cdie oond tot 220 °C. Spoel die vis onder koue water af en druk droog met ’n skoon lappie. Sit die vis op ’n gesmeerde bakplaat en rooster vir 10 – 12 minute tot net gaar. As jy dit oorgaar maak, sal dit droog wees. Bedien warm of koud met die aartappels­laai.

 ??  ?? WENK
Die smaak van die piekelgroe­nte kom sterk deur. Voeg minder of meer by soos jy verkies.
WENK Die smaak van die piekelgroe­nte kom sterk deur. Voeg minder of meer by soos jy verkies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa