Kuier Combo

PANNUKAKKU

-

(Oondgebakt­e pannekoek met room en bessies) Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E

6 eiers

1½ koppies volroommel­k ¼ koppie suiker

1 teelepel vanilla essence ½ teelepel suurlemoen­skil, gerasper

1½ koppies koekmeel 1 teelepel sout

1 teelepel bakpoeier

¹/ koppie botter

Vars room en somerbessi­es vir versiering en opdiening

METODE

Klits die eiers, melk, suiker en vanilla essence en roer die suurlemoen­skil by. Sif die meel, sout en bakpoeier saam in ’n ander bak en roer by die eiermengse­l tot glad en sonder klonte. Laat rus die beslag vir 30 minute. Voorverhit die oond tot 230 °C. Smelt die botter in ’n gietysterp­an in die oond. Maak seker dat dit nie bruin word nie. Haal dit uit die oond en verf die botter oor die hele bodem van die pan. Giet die beslag in die warm pan en bak vir 15 minute of tot goudkleuri­g en opgepof. Laat koel effens af en bedien met bessies en room.

 ??  ??
 ??  ?? WENK ’n Lekker winternage­reg as jy die room en bessies met warm dik vla vervang.
WENK ’n Lekker winternage­reg as jy die room en bessies met warm dik vla vervang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa