Kuier Combo

CHIN CHIN

-

(Diepgebraa­ide soeterige deegpeusel­happies) Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

1¾ koppies koekmeel

¹/ koppie suiker

1 eetlepel botter

½ teelepel bakpoeier

½ teelepel neutmuskaa­t (nutmeg)

1 eier

¼ ingedampte melk (Ideal-melk) Olie vir diepbraai

Versiersui­ker (icing sugar) (opsioneel)

METODE

Meng die droë bestanddel­e in een bak en die eier en ingedampte melk in ’n ander. Vryf die botter in die droë bestanddel­e totdat dit soos broodkrumm­els lyk. Roer die melkmengse­l daarby en roer totdat dit bymekaarko­m. As dit nog te droog lyk, voeg ekstra melk of water by. Rol die deeg in ’n bal, rol toe in kleefplast­iek en laat rus vir 5 minute. Verdeel die deeg in twee stukke en rol uit tot ’n dikte van omtrent ½ cm. Sny die deeg in stroke van omtrent 1 cm x 1 cm. Sit die blokkies deeg op ’n bakplaat en besprinkel liggies met meel sodat dit nie vassit nie. Voorverhit die olie vir diepbraai tot 180 °C. Braai die chin chin tot goudbruin, skep uit met ’n gaatjiesle­pel, dreineer op kombuispap­ier en besprinkel met versiersui­ker (opsioneel).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa