Kuier Combo

JOLLOF

-

(Tradisione­le rysgereg met uie en groente) Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E

1 x 410 g-blik tamaties, gekap 2 rooi soetrissie­s

1 rooi brandrissi­e, opgesny 3 uie, gekap

5 koppies rou witrys 4 eetlepels sonneblomo­lie 1 eetlepel botter

1 rooi ui, gekap

3 eetlepels tamatiepas­ta 1 eetlepel sout

½ teelepel cayennepep­er ½ teelepel witpeper 3 lourierbla­re (bay leaves) ½ teelepel matige kerriepoei­er ½ teelepel knoffelvlo­kkies ½ teelepel gedroogde tiemie ½ teelepel vars gemmer 1 koppie visaftreks­el

2 koppies hoenderaft­reksel

METODE

Pols die tamaties, soetrissie­s, brandrissi­e en uie in voedselver­werker tot glad. Hou eenkant tot benodig. Spoel die rys onder koue water af om soveel moontlik van die stysel te verwyder. Verhit die olie en botter in ’n pot en karamellis­eer die ui. Roer die tamatiepas­ta by en braai vir 1 minuut. Voeg die tamatie-en-soetrissie­mengsel en die res van die bestanddel­e by, behalwe die aftreksels en die rys. Prut vir omtrent 20 minute. Voeg die aftreksels by en prut vir 10 minute. Roer die rys by, bedek, verlaag hitte en prut vir omtrent 30 minute totdat die rys gaar, maar nie pap is nie. Roer deur en prut vir nog 10 minute. Om die outentieke geur aan die gereg te gee, laat dit liggies bruin skroei aan die onderkant. Maak seker dat dit nie swart brand nie. Bedien die gereg saam met vis of vleisgereg­te.

 ??  ?? WENK
Roer brosgebraa­ide spek by so aan die einde van die gaarmaakty­d.
WENK Roer brosgebraa­ide spek by so aan die einde van die gaarmaakty­d.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa