Kuier Combo

GRIEKSE PANZANELLA

-

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDEL­E

2 groot pitabrode

100 g aspersies, geblansjee­r 60 ml extra virgin-olyfolie

Sout en peper na smaak

150 g rooi tamaties

(vine tomatoes)

1 kop kropslaai (baby gem lettuce), in kwarte gesny

4 pienk radyse, gesny ½ komkommer, in dun repe gesny

1 kg lamsblad, uitgepluis en effens verwarm (gebruik sommer die oorskietvl­eis van ’n lamsblad) 100 ml klaarberei­de kruiepesto

METODE

Verhit ’n roosterpan (griddle pan) oor hoë hitte totdat dit begin rook. Verf die brode met olyfolie en rooster aan albei kante. Sny elke brood in 8 driehoeke en hou eenkant. Sit die aspersies in 30 ml olyfolie, geur met sout en peper na smaak en rooster aan albei kante. Sit die tamaties in ’n oondskotte­l, bedruip met olyfolie en geur met sout en peper. Sit in die oond by 180 °C vir so 10 minute of totdat dit oopbars. Rangskik die kropslaai op ’n slaaibord en die radysskywe, komkommer, aspersies en tamaties bo-op. Pak die brood bo-op en dan die vleis. Meng die pesto en 30 ml olyfolie en bedruip die slaai daarmee.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa