Kuier Combo

PORTUGESE LAMPENS EN -POOTJIES

-

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDEL­E

2 kg van Deli-Co Farmstyle Butchery se lampens en -pootjies, afgespoel in 1 ℓ witwynasyn- of suurlemoen­water en laat droog word

2 ℓ aftreksel van jou keuse

25 ml olyfolie

500 g spek, in blokkies gesny 20 ml olyfolie

3 groot uie, gekap 5 knoffeltoo­ntjies gerasper in 2 wortels, fyngeraspe­r

1 teelepel komyn (jeera) 3 kardemompe­ule, fyngedruk 2 kaneelstok­kies

1 lourierbla­ar (bay leaf) 2 knippies saffraan

1 groot 200 g-stuk chorizo, gesny 1 teelepel blaarmasal­a (leaf masala)

2 naeltjies

1 teelepel borrie (turmeric) 1 blikkie witbone soos botterbone of cannellini

’n Handvol vars pietersiel­ie, gekap

METODE

Sit die afval in ’n pressure cooker met 2 ℓ aftreksel vir omtrent 35 minute. Jy kan dit ook op die stoof oor hoë hitte kook vir 2½ – 3 ure. Skei die pens en pootjies en die aftreksel. Kook die aftreksel af totdat sowat ’n kwart daarvan oorbly. Verhit 25 ml olie in ’n groot pan en soteer die spek tot goudbruin. Skep uit met ’n gaatjiesle­pel en hou eenkant. Verhit 20 ml olie en karamellis­eer die uie in dieselfde pan en voeg die knoffel, wortels, komyn, kardemom, kaneel, lourierbla­ar, saffraan, chorizo, masala, naeltjies en borrie by. Kook vir 20 minute. Voeg die pens en pootjies by die gereduseer­de aftreksel en bak in die oond by 160 °C vir so 1½ ure. Haal die dis uit die oond en meng die blikkie bone by. Bedien met pietersiel­ie en spicy groenkrulk­oolrys. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa