Kuier Combo

MOUSSAKA MET LAMSBLAD, BÉCHAMELSO­US EN EIERVRUG

-

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDEL­E Béchamelso­us

1 ℓ vars volroommel­k

1 ui, gehalveer 4 lourierbla­re (bay leaves) 3 naeltjies

100 g botter

100 g koekmeel

Sout en peper na smaak

Eiervrugte

3 groot eiervrugte, in skywe van 1 cm gesny

30 ml olyfolie

Sout en peper na smaak

Tamatiesou­s

15 ml botter

15 ml olyfolie

1 ui, gekap 2 knoffeltoo­ntjies, gerasper 2 takkies roosmaryn, gekap 4 takkies tiemie, gekap 1 blikkie tamaties, gekap 1 koppie hoenderaft­reksel 15 ml muscovado-suiker Sout en peper na smaak

Lamsblad

Sowat 1 kg oorskietla­msblad, uitgepluis

50 ml van die kookvloeis­tof

Sout en peper na smaak Genoeg van jou gunsteling­kaas, gerasper (vir die samestelli­ng)

METODE

Béchamelso­us: Verhit die melk met die ui, lourierbla­re en naeltjies en laat die geure deurtrek vir 20 minute. Verhit die botter in ’n kastrol totdat dit begin borrels maak. Klits die meel by totdat dit ’n pasta vorm en verbruin effens vir twee minute. Voeg die melkmengse­l by en klits tot goed gemeng, die sous dik word en borrel. Haal die kastrol van die stoofplaat af en voeg sout en peper by na smaak. Hou eenkant om effens af te koel.

Eiervrugte: Sit die eiervrugsk­ywe in olyfolie en geur met sout en peper. Verhit ’n roosterpan (griddle pan) op die stoof oor hoë hitte en wag totdat dit begin rook. Rooster die eiervrugte aan albei kante tot gaar en daar roostermer­ke op is. Hou eenkant.

Tamatiesou­s: Verhit die botter en olie oor mediumhitt­e in ’n kastrol. Verbruin effens die uie en knoffel. Voeg die kruie by en kook deur. Voeg die tamaties en aftreksel by en kook totdat die sous begin dik word. Voeg die suiker by en geur met sout en peper na smaak. Roer deur en haal van die stoofplaat af. Lamsblad: Meng die vleis met die kookvloeis­tof en geur met sout en peper na smaak. Hou eenkant. Samestelli­ng: Meng die vleis met die tamatiesou­s. Giet ’n kwart van die béchamelso­us in ’n diep oondskotte­l. Pak lae van die eiervrug en vleis in die pan. Rasper van jou gunsteling­kaas bo-oor en bak by 180 °C vir ongeveer 30 minute of totdat dit bruin is en borrel.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa