Kuier Combo

HOENDER MET VONKELWYNS­OUS

-

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E

1 eetlepel olie

2 hoenderbor­sies, in die lengte af gehalveer

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

2 eetlepels botter

1 x 250 g-houer wit knopiesamp­ioene, in skyfies gesny

1 groot ui, fyngekap

½ koppie droë vonkelwyn

/ kopppie room

’n Handvol pietersiel­ie, gekap

METODE

Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte. Geur die hoender met sout en peper en braai ongeveer 3 – 5 minute aan alkant en amper gaar. Skep die filette met ’n gaatjiesle­pel uit op ’n bord. Smelt die botter in dieselfde pan en braai die sampioene totdat dit begin sag word. Skep dit uit op dieselfde bord as die hoender. Braai die uie in dieselfde pan tot sag en deurskynen­d. Giet die vonkelwyn in die pan en skraap die bodem en kant met ’n houtlepel sodat elke stukkie wat effe vasgebrand het, kan loskom in die sous. Geur met sout en peper en prut vir ongeveer 10 minute. Roer die room by en laat vir nog 2 minute prut. Skep die hoender en sampioene terug in die pan en bedek met die sous. Maak deurwarm en sprinkel die pietersiel­ie oor.

WENK:

Jy kan melk in plaas van room gebruik, maar dan moet jy net ’n teelepel mielieblom (maizena) met 1 eetlepel water meng en by die sous roer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa