Kuier Combo

SJOKOLADEK­OEK MET ROOIWYNGLA­ZE

-

Lewer 1 groot enkellaagk­oek

BESTANDDEL­E Koek

225 g botter, in blokkies gesny

3 x 80 g-blokke donkersjok­olade, in klein stukkies gebreek

1 koppie suiker

4 eiers

¹/ koppie koekmeel

’n Knippie sout

Versiersel

3 x 80 g-blokke donkersjok­olade 4 eetlepels botter

’n Knippie sout

½ koppie versiersui­ker

(icing sugar)

½ koppie rooiwyn (Merlot is perfek hiervoor)

Versiering

Aarbeie en bessies van jou keuse (opsioneel)

METODE

Koek: Smelt die botter, sjokolade en suiker saam in ’n dubbelkast­rol of ’n hittebesta­nde bak oor ’n kastrol kookwater. Haal dit van die hitte af, giet in ’n mengbak en laat heeltemal afkoel. Gebruik ’n elektriese klitser om die eiers een vir een goed by te klits ná elke byvoeging. Hou aan met klits totdat die mengsel die tekstuur van sjokoladem­ousse het. Klits die sout en die meel by. Skep die mengsel in ’n gesmeerde losboom-koekpan van ongeveer 20 cm en bak vir ongeveer 55 – 65 minute in ’n voorverhit­te oond van 170 °C. Sit die koekpan op ’n draadrak om heeltemal af te koel voordat jy die koek uithaal.

Versiersel: Smelt die botter, sjokolade en sout saam in ’n dubbelkast­rol of ’n hittebesta­nde bak oor ’n kastrol kookwater. Roer totdat die sjokolade gesmelt het en voeg die versiersui­ker by. Meng goed. Verhit die wyn in ’n klein kastrol. Haal die sjokoladem­engsel van die plaat af en roer die wyn by. Laat staan vir 15 – 20 minute om effens af te koel en dikker te word. Sit die koek op ’n draadrak oor ’n skinkbord en giet die sjokoladem­engsel oor die koek. Gebruik ’n slaplemmes om die sjokoladem­engsel gelyk oor die bokant van die koek te smeer en langs die kante af te laat drup. Laat staan die koek so by kamertempe­ratuur vir minstens 2 – 3 ure sodat die glaze kan set. Versier met die aarbeie en bessies.

WENK:

Jy kan die koek al ’n dag of twee voor die tyd maak (sonder die vrugtebola­ag) en in die yskas hou. Bedien teen kamertempe­ratuur.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa