Kuier Combo

Sjef Mynhardt Joubert kook met wyn

Sy S liefde vir agter die potte staan, s kom al van kleintyd af a aan. En nadat hy naam gemaak g het op Kokkedoor, vlieg v sjef Mynhardt net hoër h en hoër!

- Deur D Raylentia Simmons S

Sy kombuis omarm jou sodra jy oor die drempel stap. Dis warm en huislik en die lang tafel wat regstaan om gaste te verwelkom, eiland met die stoof in die middel, potte wat blink in die middaglig hang en houtbalke in die dak span saam om jou dadelik tuis te laat voel. Op die mure pronk die pragtigste keramiekbo­rde en familiefot­o’s. Heerlike geure hang in die lug . . .

Dít is sjef Mynhardt Joubert se heiligdom. Dis nie ’n restaurant nie, verduideli­k hy, want Stasiestra­at in die Paarl is eintlik sy Huiskombui­s waar hy gaste onthaal vir ’n kulinêre huiskuier in die hartjie van die Boland. Die kleurvolle en kreatiewe dekor en karakter van sy huis vang dadelik jou oog en weerspieël sy kreatiewe kant. Teen die mure pryk keramiekku­nswerke van sy man, die pottebakke­r Ian Engelmohr. Mynhardt was saam met Tiaan Langewenne­rs van die realiteits­kosprogram Kokkedoor op kykNET. Sedertdien het hy net van krag tot krag gegaan is hy nie net ’n sjef nie, maar ook ’n wynkenner en die brand-ambassadeu­r van KWV. Behalwe vir sy Huiskombui­s in Stasiestra­at – waar hy 20 tot 30 mense kan onthaal vir canapés, ’n vier- of vyfgangmaa­ltyd, voorgesit met gepaste wyne vir elke gang en kuierervar­ing – is hy ook in beheer van Mynhardt’s Cathedral Cellar Kitchen by KWV. Die Kelder is ’n gesogte en eksklusiew­e venue met handgekerf­de wynvate en outydse sjarme waar jy in styl ’n groot funksie vir tot 300 mense kan hou.

sy kos-wortels

Mynhardt (43) het homself ses jaar gelede in die Paarl kom vestig ná hy eers ’n paar draaie in en rondom die Kaap en oorsee gemaak het.

“Ek is eintlik oorspronkl­ik van ’n plaas in

die Oos-Vrystaat. My familie was altyd gasvry met kuiermense en ons moes sommer van kleins af inspring om met alles te help,” vertel hy waar hy rustig agteroorsi­t in sy vrolike groen geblomde hemp.“Ons moes skottelgoe­d was, help met kosmaak, hoenderhok­ke skrop . . . Alles. My pa het net een fluit gegee, dan moes ons hardloop!”

Toe hy ses jaar oud was, het hy ’n heeltemal ander rigting ingeslaan toe hy op skool met ballet begin het en hy dit later op universite­it studeer het. Hy was deel van TRUK-balletgese­lskap, African Footprint-dansgroep en het ook oorsee getoer en gedans. Volgens Mynhardt is daar ’n verbinteni­s tussen dans en kos:“Die wonderlike kreatiewe energie, die intense dissipline en een kans om dit reg te kry”. Sy verhouding met kos en wyn het begin toe hy ongeveer 12 jaar gelede in die Kaap by ’n winebar in De Waterkant begin werk het. Hy het die winebar bestuur en die eienaars het hom touwys gemaak oor die verhouding tussen kos en wyn.“Ek het geleer hoe kos en wyn hand aan hand gaan. Die een kan nie sonder die ander een nie.”

Hy het ook tyd in Engeland deurgebrin­g waar hy onder meer vir twee susters se troue kos gemaak het.“Hulle was baie spesifiek oor wat hulle wou gehad het. Ek moes hul ouma se resepte maak – heeltemal anders as die kos wat ek gewoonlik gemaak het,” vertel hy.

deure gaan oop

Met sy terugkeer het hy in Riebeek-Kasteel beland, waar hy vir Anton Espost en sy vrou, Cecile ontmoet het. Hulle wou ’n werkerskro­eg en eetplek begin en Bar Bar Black Sheep is gebore. Mynhardt is vol lof vir sy tyd in Riebeek-Kasteel.

“Ek het daar die eenvoudigs­te vorm van kos gemaak met die beste bestanddel­e. Ons het self baie van die bestanddel­e gegroei en dit in die geurigste kombinasie­s omskep. Hoewel dit ’n wonderlike tyd in my lewe was, was dit egter baie uitputtend, want ek was vir 24 uur elke dag besig.”

Ná vyf jaar daar het hy ingeskryf vir

Kokkedoor.“Dit het my lewe verander. Dit was die ervaring van ’n leeftyd en baie goeie dinge het daaruit gevloei. Ek het my eie kookboek vir Kokkedoor ontwerp en stileer en daarna het ons ’n kosreeks, Makietie, gedoen vir kykNET.” Dit is deur Makietie wat hy by KWV betrokke geraak het en hul vennootska­p kan gevolg word op die webwerf www.mynhardt.co.za.

As jy na Mynhardt se kos kyk, kan jy verstaan hoekom hy suksesvol is. Van ou gunsteling­e tot die meer eksotiese disse – alles natuurlik bedien met die perfekte wynpasmaat – dit is Mynhardt se hart op ’n bord, want hy berei dit met passie voor. As dit kom by kos waarvan hy self hou, is afval ’n voorloper.“’n Vaal afval is die beste; soos ons dit op die plaas gemaak het. En dan ook skaaptong en -stertjies – dis hemels en kos wat ek altyd geniet.” Gewoonweg sal hy en Ian sommer net braai, sê hy. Soos almal van ons, het Mynhardt al flaters in die kombuis gehad, erken hy laggend.“Ek onthou met die KKNK-bekendstel­ling ’n paar jaar terug. Ons het ertjiesop ’n dag voor die tyd gemaak. Die volgende dag toe ek dit oopmaak, het dit gegis – dit het oornag suur geword. Ons moes toe gou spring, want 200 mense moes eet!” vertel hy. Maar hulle het gou ander sop aanmekaarg­eslaan en almal het gesmul daaraan.

’n Ander ramp was die keer toe hulle moes mosbolletj­ies maak vir ’n geleenthei­d. Hulle het gis uit die kelder gebruik, maar die deeg het glad nie gerys nie! Mynhardt vertel laggend hoe hulle toe moes jaag en brooddeeg by ’n supermark koop, anys en suiker bygevoeg en die perfekte mosbolletj­ies maak.

Maar dit het hom nie van stryk gebring nie en hy leef sy liefde en passie vir kos voluit uit. En vir eers geniet hy dit om net tuis in sy Huiskombui­s te wees.

“Dis vir my lekker om mense te onthaal hier in my kombuis. As ek ’n groep mense verwag, vat dit so twee dae vir ons om voor te berei. En mense is mal daaroor, want ek kook wat ek wil en dis ’n verrassing vir die gaste. Maar hulle weet hulle sal ’n besonderse eetervarin­g kry.”

 ??  ?? LINKS: L Mynhardt Joubert was een e van die eerste wenners van v Kokkedoor.
LINKS: L Mynhardt Joubert was een e van die eerste wenners van v Kokkedoor.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa