Kuier Combo

Herman Lensing se onthoukos

Kos was nog altyd ’n onlosmaakl­ike deel van sy lewe. En nou kan jy saam met hom kook uit sy nuutste kookboek waarin hy hulde bring aan sy ma.

- Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Dit is deur sy ma, Susan, se voorskoot wat Herman Len sing (31) die wêreld leer ke het. En dit is om sy ma se Lazy Susan-tafel waar hierdie sjarmante kosredakte­ur en sjef begin droom het van die wêreld buite Upington. Ná sy ma se dood in Januarie vanjaar was dit ook hul gedeelde liefde vir kos wat vir hom genesing gebring het.

Jy het seker al van Herman gelees of sy resepte gesien in Sarie, of dalk het jy al uit een van sy vyf kookboeke gekook of een van sy kookprogra­mme op VIA (DStvkanaal 147) gesien.

Al het Herman in die Kaap sy kosdrome kom uitleef toe hy media en voedseltea­ter by die Institute of Culinary Arts op Stellenbos­ch kom studeer het, is sy liefde vir kos al van kleins af op die platteland gekoester. Sy ma het geweet hy droom groter as sy klein dorpie, vertel Herman.“Sy het geweet dat ek nie op die platteland gaan woon nie. Hoewel ek baie lief is vir Upington, wou ek meer wees, meer sien en meer doen. Maar dit was goed vir my en dit is waar ek my fondasie gebou het,” sê hy.

Dit is ook daardie platteland­se leefstyl wat op ’n vroeë ouderdom sy kreatiwite­it en liefde om met kos te eksperimen­teer, aangewakke­r het. Dit is daardie kombinasie van tradisione­el klassieke resepte met ’n moderne twist wat sy resepte nuut en vars laat proe en lyk, maar steeds daardie bekende nostalgies­e smaak uit jou ma se kombuis het.

Hy lag wanneer hy vertel omdat jou wêreld so klein en restricted is op die platteland, leer jy vinnig hoe om met min baie meer kreatief te wees. Dit het ook natuurlik gehelp dat sy ma hulle aan baie tydskrifte en boeke blootgeste­l het.

“Ek het geweet van mooi dekor, van travel en vroue. Ek kon ’n vrou se hele wêreld verstaan voordat ek by ’n tydskrif begin werk het en dit is ook aan my ma te danke. Ek dink dit is waarvandaa­n ek my liefde vir tydskrifte en veral storie-vertel gekry het. Noudat ek bevoorreg is om regtig die wêreld te sien en te leer ken en verskeie kosse te proe, wil ek deur my kos stories vertel en mense se harte raak.”

Herman vier vanjaar sy tiende jaar as kosredakte­ur van Sarie, nadat hy in 2009 op die ouderdom van 21 as die jongste kosredakte­ur ooit aangestel is.

eg e vog n n n erns a py Myoga-restaurant by die Vineyard Hotel in Nuweland en by Île de Païn op Knysna. Hy het later sy vaardighed­e verder as vryskut kosskrywer, stilis en kos assistent op bekende titels soos Visi, Taste en Elle ontwikkel, voordat hy sy groot geleenthei­d as kosredakte­ur gekry het.

Hy onthou trots die heel eerste ding wat hy op sy eie sonder enige hulp van sy ma gemaak het. Dit was ’n hawermoutk­oekie, wat hy met ’n resep uit ’n kinderkook­boek van sy laerskool se biblioteek gebak het.

ma se invloed

Wanneer hy oor sy ma of sy liefde vir kos begin praat, kry hy ’n sagte kyk in sy oë en verander sy hele liggaamsho­uding. Hy raak nostalgies wanneer hy terugdink aan sy ma en die rol wat kos in hul gesinslewe gespeel het. Herman sê dit was asof kos haar manier was om die vrede in die huis te bewaar. Dit was deur kos dat sy vir ander dankie gesê het en dit was haar manier om haarself te wees. Maar buiten die emosionele aspekte van sy ma se verhouding met kos, was dit ook die manier hoe sy haar gesin aan die gang gehou het.

“Dit was hoe sy finansieel vir ons gesorg het. My ma het vir al wat ’n funksie is, gebak. Sy het vir troues, partytjies en ook vir verskeie tuisnywerh­ede op die dorp gebak. Dit het my wêreld gevorm,” sê hy. “My ma het altyd vir ons gesê ons kan enigiets doen en wees. Sy het my groot drome ondersteun en sy was so trots. Sy was ook opgewonde om al haar resepte met ons te deel en bymekaar te maak en ek dink dit is hoekom my nuutste kookboek so spesiaal is.”

Toe Herman aan sy nuutste kookboek, Dit proe soos huis – geure van my ma kombuis, begin werk het, was dit nie eintlik gedoen om oor die hartseer van sy ma se sterfte te kom nie. Hy het lank voor sy ma se skielike sterfte besluit hy sou vanjaar ’n nuwe kookboek uitbring, maar dit was eers ná haar dood dat alles net in plek geval het toe hy ’n hardeskyf met al sy ma se gunsteling­resepte ontvang het. Elke resep het ’n herinnerin­g of gevoel binne hom wakker gemaak.

“Dit was eers nadat ek vir iemand vertel het van dit wat my ma gedoen het en hoe die resepte my laat terugdink het, dat die idee gebore is om dit as die inspirasie vir my volgende resepteboe­k te gebruik. Ek het in daardie oomblik en deur hierdie hele proses besef al het dit natuurlik vir my baie genesing gebring en trots gemaak om my ma op só ’n manier te kan eer, is dit ook iets wat ek dink vir ander sal laat terugdink en dalk genesing of geluk kan bring,” sê hy.

“As jy hartseer was, het my ma vir jou ’n pepermentt­ert of een of ander soethappie gebak. As sy wou jammer sê, het sy dit deur kos gedoen. Wanneer ons iets moes vier, was daar groot gekook en elke dag het ons om die tafel ons lewens met mekaar gedeel.”

Herman glo kos gaan altyd oor meer as net die kos in die bord, dit gaan oor die samesyn en om met mekaar te connect. Dit moet iets binne mense wakker maak en hopelik iets wees wat mense beter laat voel en gelukkig maak.

“Elke keer as jy iets voor mense neersit, gee jy vir hulle ’n stukkie van jou hart en is daar niks wat jou hart warmer laat klop as ’n soethappie of bord kos wat met liefde gemaak is nie.” , . saam met sy ma en pa, Harry. REGS: Herman en sy ouers voor die Eiffel-toring in Parys.

lesse

Herman sê hy gaan altyd sy ma se rooi lippe en groot glimlag mis en niks kon hom voorberei vir daardie oproep nie.

“Ons het die dag voor haar sterfte nog op die foon gepraat. Ek dink ek het haar oor iets gebel wat ek dalk by ’n China Town wou koop. Dit was vinnig en niks het aangedui dat sy die volgende dag nie meer met ons sou wees nie.”

Dit is eers ná sy ma se sterfte dat hy besef het grootword vind werklik ná jou ouers se sterfte plaas.“Ja, jy mag dalk skool klaargemaa­k het, ’n werk gekry en op jou eie gaan woon het. Maar jou ouer is steeds daar ingeval jy dalk in die maand vasbrand en nie met jou salaris kan uitkom nie of advies wil hê. Wanneer jy ’n ouer verloor, besef jy daardie oproep is nou weg.”

Die lesse wat sy ma vir hom geleer het, sal hom altyd inspireer en in sy hart bly en nou is dit ook beskikbaar vir ander om te geniet in die vorm van sy kookboek.

Uit al die lesse wat hy geleer het, sê Herman dié drie die belangriks­te: “Vergewe mense lank voordat hulle daarvoor vra; maak moeite om by ’n China Town te gaan shop, want daar is baie gems tussen die chaos; en maak seker mense voel altyd welkom by jou tafel en wil langer kuier.”

Blaai om vir van Herman se soettandre­septe uit Dit proe soos huis, uitgegee deur Human & Rousseau. Die boek is nou beskikbaar by bekende boekwinkel­s teen R365.

 ??  ?? HOOFFOTO: Herman Lensing, Sarie se kosredakte­ur , het pas ’n nuwe resepteboe­k ter ere van sy ma uitgegee.
HOOFFOTO: Herman Lensing, Sarie se kosredakte­ur , het pas ’n nuwe resepteboe­k ter ere van sy ma uitgegee.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa