Kuier Combo

PRUIM-TARTE TATIN

-

Lewer 1 groot tert

BESTANDDEL­E

½ koppie suiker

2 eetlepels sagte botter

Sap van

½ suurlemoen

7 pruime (mediumgroo­tte), gehalveer en pitte verwyder

1 rol blaardeeg (puff pastry), ontvries

METODE

Voorverhit die oond tot 200 °C. Prut die suiker, botter en suurlemoen­sap in ’n pan met ’n oondvaste handvatsel, prut totdat dit begin karamellis­eer en haal dit van die stoof af. Pak die pruime met vleiskant na onder in die karamel. Sny ’n sirkel uit die deeg – effens groter as die omtrek van die pan. Sit die deeg bo-oor die pruime en druk die rande knus in. Verlaag die oondtemper­atuur na 150 °C en bak vir 15 – 20 minute. Laat rus vir 5 minute. Sit ’n bord bo-oor die pan en keer die pan om om die tert op die bord te kry. Wees versigtig, want warm suikerstro­op brand baie seer. Bedien met room of roomys.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa