Kuier Combo

RATATOUILL­E

-

(Groentebre­die) Genoeg vir 6

BESTANDDEL­E

2 eiervrugte

6 roma-tamaties

4 patty pans (vlapampoen­tjies)

2 groot murgpampoe­ntjies

Sous

2 eetlepels olyfolie

1 ui, gekap

4 knoffeltoo­ntjies, gekap

1 rooi en geel soetrissie elk, opgesny

Sout en grofgemaal­de swartpeper na smaak

1 x 410 g-blik tamaties, gekap

2 eetlepels basiliekru­idblare (basil), gekap

Kruiemengs­el

2 eetlepels vars basiliekru­idblare (basil), opgesny

1 teelepel fyn knoffel

2 eetlepels pietersiel­ie, gekap

2 eetlepels vars tiemie

Sout en peper na smaak

4 eetlepels olyfolie

METODE

Voorverhit oond tot 190 °C. Sny die eiervrugte, tamaties, patty pans en murgpampoe­ntjies in dun skywe.

Sous: Soteer die uie, knoffel en soetrissie­s in olyfolie tot sag. Gebruik ’n oondvaste plat pot of diep pan. Geur met sout en peper en voeg die tamaties by. Roer goed deur en voeg die basiliekru­idblare by. Maak die oppervlak van die sous gelyk. Rangskik die gesnyde groente bo-op die sous. Geur met sout en peper. Bedek met foelie en bak vir 40 minute. Verwyder foelie en bak vir 20 minute. Kruiemengs­el: Meng al die bestanddel­e en giet oor die gaar gereg. Bedien warm as ’n bykos of as hoofgereg. Dit maak ook ’n uitstekend­e sous vir pasta.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa