Kuier Combo

COQ AU VIN

-

(Hoender in wyn) Bedien 4 – 6

BESTANDDEL­E

6 hoenderdye, skoongemaa­k 2 uie, gekap

2 wortels, opgesny 1 selderysti­ngel, opgesny 2 knoffeltoo­ntjies, gekap 1 tamatie, opgesny

1 teelepel tiemieblaa­rtjies 2 lourierbla­re (bay leaves) 2 eetlepels vars pietersiel­ie ½ teelepel swartpeper ¼ koppie olyfolie

3 koppies witwyn

3 eetlepels botter

1 eetlepel suiker

1 teelepel sout

1 pakkie spek, opgesny

100 g jong uitjies

200 g sampioene, opgesny 2 eetlepels sagte botter 1 eetlepel koekmeel

METODE

Pak die hoender in ’n glasbak. Voeg die uie, wortels, seldery, knoffel, tamatie, tiemie, lourierbla­re, pietersiel­ie en peper by. Meng die olyfolie en witwyn saam en giet oor die hoender. Bedek en marineer oornag in die yskas. Voorverhit oond tot 220 °C.

Smelt die 3 eetlepels botter in ’n swaarboomp­an. Skep die hoender uit die marinade en braai in die botter tot bruin.

Pak die gebraaide hoender in ’n oondvaste kasserolba­k. Skep die groente uit die marinade en soteer dit ook in dieselfde pan en skep bo-oor die hoender. Gooi die res van die marinade oor die hoender en groente en sprinkel suiker en sout oor. Sit die deksel op en bak vir 20 minute. Terwyl die gereg bak, braai die spek tot bros, skep uit en braai die sampioene en jong uie in dieselfde pan. Nadat die gereg vir 20 minute gebak het, voeg die sampioene, uie en spek by en bak vir 20 minute.

Meng die sagte botter met die koekmeel en roer by die gereg vir die laaste 5 minute van die baktyd. Haal uit die oond, roer deur en bedien met rys of bykos van jou keuse.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa