Kuier Combo

THANKSGIVI­NG: KALKOEN

-

WENK Vir ’n tikkie feestelikh­eid, sif eetbare goue glitter oor die pampoenter­t.

Genoeg vir 6 – 8

BESTANDDEL­E

1 kalkoen, ontvries

Sout en peper na smaak ’n Paar skeute olyfolie

METODE

Geur die kalkoen met sout en peper en sit dit dan in ’n oondskotte­l wat groot genoeg is. Bedruip liggies met olyfolie. Voorverhit die oond tot 230 °C. Sodra die oond warm genoeg is, verlaag die hitte tot 180 °C en sit die kalkoen dadelik in die oond. Dít sal verseker dat die kalkoen se vel bruin raak en dan teen laer temperatuu­r deurgaar raak. Rooster die kalkoen vir omtrent 25 minute per kilogram. Die totale gaarmaakty­d sal afhang van die gewig van die kalkoen. Aan die einde van die gaarmaakty­d, haal die skottel uit die oond en laat die kalkoen vir omtrent 15 minute rus voordat jy dit sny. Bedien met die pampoenter­t en bosbessies­ous. As jy verkies, kan jy gravy maak, maar dis nie nodig nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa