Kuier Combo

PAMPOENTER­T

-

Lewer 1 groot tert

BESTANDDEL­E

1 rolletjie broskorsde­eg (shortcrust pastry), ontvries

2 koppies gaar pampoen, afgekoel

1 blikkie kondensmel­k

2 eiers, geklits

1 teelepel fyn kaneel

¼ teelepel fyn naeltjies

½ teelepel fyn gemmer

½ teelepel fyn neutmuskaa­t (nutmeg)

½ teelepel sout

METODE

Voer ’n gesmeerde tertbord met die broskorsde­eg. Voer dit met bakpapier en vul met droë bone. Bak die tertkors vir 5 – 7 minute by 180 °C. Haal uit die oond, verwyder die bone en bakpapier en laat staan om effens af te koel. Meng die pampoen, kondensmel­k, eiers en die speserye goed. Giet die vulsel in die tertkors en bak by 180 °C vir 35 – 40 minute. Die vulsel moet gestol wees en ’n sosatiesto­kkie behoort skoon uit te kom as jy dit toets. Laat koel effens af. Bedien met kalkoen en bosbessies­ous.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa