Kuier Combo

APPELTERT

-

1 groot tert, genoeg vir 8

BESTANDDEL­E Kors

2½ koppies koekmeel

1 eetlepel suiker

1 teelepel sout

1 koppie koue botter, in blokkies gesny

6 – 8 eetlepels yswater

1 eier, geklits (vir samestelli­ng)

Vulsel

8 appels, geskil en in skywe van

½ cm gesny

Suiker na smaak (afhangend van hoe soet die appels is)

1 teelepel fyn kaneel

3 eetlepel koekmeel

3 eetlepel botter, in klein stukkies gesny

METODE

Kors: Pols die meel, suiker, sout en botter in ’n voedselver­werker totdat dit soos growwe broodkrumm­els lyk. Voeg 6 eetlepels water by en pols totdat die deeg bymekaarko­m. Druk die deeg en kyk of dit aanmekaar vassit. Indien nie, voeg die res van die water bietjie vir bietjie by totdat die deeg klewerig is. Keer die deeg uit op ’n skoon werkopperv­lak en druk liggies bymekaar om ’n bal te vorm. Verdeel die deeg in twee stukke, vorm ’n bal en druk effens plat. Rol elke stuk deeg in kleefplast­iek en verkoel vir 20 minute. Rol die een stuk deeg uit tot ’n dikte van omtrent ½ cm. Voer ’n gesmeerde tertbord met die deeg, druk liggies vas en sny die oortollige randjies af.

Vulsel: Meng die appels, suiker, kaneel en meel liggies met jou vingers in ’n bak. Plaas die vulsel in die tertkors en stip met botter. Samestelli­ng: Rol die ander stuk deeg uit, plaas bo-oor die vulsel en druk die rande stewig vas. Sny die rande mooi en sny kepe in die tert se bokant sodat die stoom kan ontsnap. Versier die bokant met deegblomme­tjies of enige vorm wat jy verkies. Verf met die geklitste eier en bak by 190 °C vir 1 uur. Laat effens afkoel voordat jy dit sny en bedien met room.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa