Kuier Combo

VONKELWYNJ­ELLIE MET PERSKE

-

Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E

2/3 koppie water 3 eetlepels gelatien

2/3 koppie suiker

1/3 koppie bosbessies­ap (cranberry juice)

1/3 koppie suurlemoen­sap 750 ml pienk vonkelwyn 1¼ koppies perskeskyf­ies

METODE

Giet die water in ’n mengbakkie en sprinkel die gelatien bo-oor. Laat staan totdat dit sponserig word. Verhit die suiker, bosbessie- en suurlemoen­sap in ’n kastrol oor matige hitte. Roer die gelatienme­ngsel by en roer totdat die suiker opgelos het. Moenie kook nie. Giet die vonkelwyn versigtig in ’n bak (wat groot genoeg is om ongeveer 6 koppies vloeistof te hou) en roer die bosbessiem­engsel by. Sit in die yskas vir ongeveer 45 minute totdat dit net-net begin stol. Druk die perskesyfi­es in die jellie. Sit weer in die yskas en laat oornag staan om heeltemal te set. Skep uit in glase en bedien.

WENK:

As jy nie wyn wil gebruik nie, kan jy cranberry sparkling juice gebruik. Appletiser sal ook goed werk. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa