Kuier Combo

BRANDEWYN-POEDING

-

Genoeg vir 6 BESTANDDEL­E

Poeding 1 teelepel koeksoda (bicarbonat­e of soda) 1½ koppies dadels, ontpit en gekap

1 koppie kookwater

1 koppie suiker

4 eetlepels botter

1 eier

1½ koppies koekmeel ½ teelepel bakpoeier

½ teelepel sout

½ koppie okkerneute (walnuts), gekap Stroop 1¼ koppies suiker 1 koppie water

1 eetlepel botter ’n Knippie sout

1 teelepel vanilla essence 100 ml brandewyn

METODE

Poeding: Sprinkel die koeksoda oor die dadels in ’n goot mengbak en giet die kookwater oor. Laat staan totdat dit afgekoel het. Verroom die suiker en die botter saam. Voeg die eier by en klits tot goed gemeng. Roer die bottermeng­sel by die dadelmengs­el. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en roer saam met die okkerneute by die mengsel in die bak. Giet die beslag in ’n gesmeerde oondvaste bak en bak vir 30 – 40 minute in voorverhit­te oond van 180 °C.

Stroop: Giet die suiker, water en botter in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Kook vir 5 minute saam. Haal die pot van die stoofplaat af en roer die vanilla essence en brandewyn by.

Giet die sous oor die poeding wanneer dit uit die oond kom. Bedien met styfgeklop­te room.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa