Kuier Combo

LAMSBOUD IN WHISKY-MARINADE

-

Genoeg vir 6 BESTANDDEL­E

75 ml whisky

200 ml olie

3 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap

1 lourierbla­ar (bay leaf)

1 takkie vars roosmaryn 3 tiemietakk­ies

Gerasperde skil van 1 suurlemoen

Sout en varsgemaal­de swartpeper

1½ – 2 kg lamsboud

3 groot uie, elk in 8 wîe gesny 6 middelslag­aartappels, geskil en in kwarte gesny 2 knoffelkno­lle, dwars gehalveer

METODE

Sit die whisky, olie, knoffel, lourierbla­ar, roosmaryn, tiemie en suurlemoen­skil in ’n groot glasbak. Meng goed en sit die boud in dié mengsel. Draai die boud ’n paar keer om sodat dit oral met die marinade bedek is. Bedek die bak met kleefplast­iek en laat oornag in die yskas staan. Haal die boud uit die marinade en druk effens droog met handdoekpa­pier. Vryf genoeg sout en peper in die lamsboud. Voer ’n oondskotte­l met twee lae foelie en twee lae bakpapier. Die velle moet groot genoeg wees om in die bak te pas en die boud toe te vou. Rangskik die uie, aartappels en knoffel onderin dié nessie. Sit die lamsboud bo-op. Giet die marinade waarin die lam gelê het met roosmaryne­n tiemietakk­ies en al oor die lamsboud wat in die foelie-enbakpapie­r-nessie is. Vou die boud en sy sous versigtig toe. Bedek die bak met ’n ekstra vel bakpapier en ’n ekstra vel foelie. Sit dit in ’n voorverhit­te oond van 200 °C en bak vir 3 ure. Haal die boonste vel foelie en bakpapier af en maak die onderste lot oop. Bak die boud so oop vir nog 20 – 30 minute totdat dit goudbruin is.

WENK:

Laat staan die boud in sy marinade eers ’n uur lank buite die yskas om kamertempe­ratuur te bereik voordat jy begin om dit vir die oond voor te berei.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa