Kuier Combo

WRAPS, PRAWNS & VRUGTESLAA­I

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E

Salsa 1 ryp papaja, geskil, pitte verwyder en in klein stukkies gesny 2 nektariens, pitte verwyder en in stukkies gesny

3 kleinerige stingeluie (spring onions), fyngekap

1 eetlepel vars lemmetjies­ap

(of gelyke dele suurlemoen- en lemoensap)

1 eetlepel vars koljander, gekap 1 teelepel Tabascosou­s Prawns 2 eetlepels botter

450 g prawns, pypies en doppe verwyder, hou die stertjies aan 2 eetlepels olie

2 knoffeltoo­ntjie, gekneus en fyngekap

1 rooi brandrissi­e, saadjies en membrane verwyder en fyngekap

Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Gerasperde skil van 1 suurlemoen

1 eetlepel suurlemoen­sap

Vars koljanderb­lare, gekap Samestelli­ng 8 mini-tortillas of -wraps Slaaiblare van jou keuse

METODE

Salsa: Meng al die bestanddel­e vir die salsa in ’n bak, bedek met kleefplast­iek en verkil in die yskas.

Prawns: Verhit die botter en olie in ’n groot pan. Braai die knoffel en rissie vir ’n minuut of twee en voeg die prawns by. Geur met sout en peper en braai vir 3 – 4 minute tot net-net gaar. Sprinkel die suurlemoen­skil en -sap en koljanderb­lare bo-oor. Rooster die tortillas in ’n droë pan. Rangskik die blare op elke mini-wrap, ’n skeppie salsa en ’n paar prawns bo-op.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa