Kuier Combo

WAATLEMOEN-EN-SPANSPEKSL­AAI

-

Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E

4 koppies spanspek, geskil en in balletjies gevorm

4 koppies winterspan­spek, geskil en in balletjies gevorm

4 koppies waatlemoen, geskil en in balletjies gevorm

½ koppie heuning

¼ koppie lemmetjies­ap (of gelyke dele suurlemoen- en lemoensap)

1 hoë teelepel lemmetjies­kil

(of suurlemoen- en lemoenskil gemeng), gerasper

Sout na smaak

2 eetlepels mintblare, fyngekap

METODE

Meng die vrugteball­etjies en skep in vier of ses glase of bakkies. Giet die heuning en lemmetjies­ap en -skil in ’n klein bakkie en meng goed. Verdeel die mengsel tussen die glase en giet bo-oor. Sprinkel ’n bietjie sout en mintblare oor elkeen en bedien.

WENK:

As jy die slaai as ’n bykos by braaivleis wil maak, kan jy die vrugte in blokkies sny en in een groot slaaibak meng. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa