Kuier Combo

PEER-EN-NOUGAT-FRANGIPANE-TERT

-

Lewer 1 tert BESTANDDEL­E

Kors 450 g ongesoute botter, teen kamertempe­ratuur

340 g versiersui­ker (icing sugar) Skil van ’n ½ lemoen en suurlemoen elk, gerasper

2 eiers

½ teelepel sout

750 g koekmeel

110 g mielieblom (Maizena) Amandelroo­m 250 g ongesoute botter, sag

250 g versiersui­ker (icing sugar) Skil van ½ suurlemoen, gerasper 320 g amandelmee­l

½ teelepel sout

250 g eiers

25 g koekmeel

Samestelli­ng

2 pere, in skywe gesny

1 x 75 g-Damascus nougat, in blokkies gesny

¹/ amandelvlo­kkies

METODE

Kors: Verroom die botter, suiker en skil in ’n voedselver­werker. Voeg die eiers een vir een by en meng. Sif die sout, koekmeel en mielieblom by. Pols saam tot ’n deeg. Knie die deeg verder. Maak ’n reghoek met die deeg, draai dit toe in clingwrap en laat rus vir 1 uur in die yskas. Amandelroo­m: Verroom die botter, suiker en skil in ’n voedselver­werker. Voeg die amandelmee­l en sout by. Voeg die eiers een vir een by en meng ná elke byvoeging. Vou die meel in. Giet die amandelroo­m in ’n lugdigte houer en hou in die yskas.

Samestelli­ng: Strooi meel op jou werkopperv­lak en rol die deeg so dik soos jy wil. Dit moet ook groot genoeg wees vir die tertbord. Druk die deeg in die bord. Vul die tert met die room, pere en nougat-blokkies. Sprinkel die amandelvlo­kkies bo-oor. Bak die tert vir 45 minute of tot goudbruin by

170 °C. Bedien met vars room en versiersui­ker. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa