Kuier Combo

WORTEL-ENPYNAPPEL­KOEK

-

Lewer 1 dubbellaag­koek BESTANDDEL­E

Koek 500 ml koekmeel

2,5 ml gemengde speserye

10 ml koeksoda (bicarbonat­e of soda)

5 ml sout

5 ml fyn kaneel

4 eiers

500 ml suiker

310 ml kookolie

500 ml wortels, fyngeraspe­r

250 ml ingemaakte fyn pynappel, goed gedreineer

125 ml amandels, fyngekap

125 ml pekanneute (pecan nuts), fyngekap Roomkaasve­rsiersel 100 g sagte botter

500 ml versiersui­ker, gesif 300 g ongegeurde roomkaas

METODE

Koek: Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee koekpanne (20 cm). Meng die meel, gemengde speserye, koeksoda, sout en kaneel. Klits die eiers, suiker en olie goed saam tot lig. Voeg dit by die droë bestanddel­e. Voeg die wortels, pynappel en neute by en meng goed. Bak vir 40 – 60 minute in die voorverhit­te oond. Laat afkoel in die panne vir 10 minute en dan heeltemal op die draadrak. Roomkaasve­rsiersel: Verroom die botter en versiersui­ker. Voeg die roomkaas by en klits goed deur. Verkoel vir 2 ure voor jy dit gebruik. Versier die koek na hartelus met die versiersel. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa