Kuier Combo

SJOKOLADE-RINGKOEK

-

Lewer 1 ringkoek BESTANDDEL­E

Koek 5 eiers

250 ml strooisuik­er (castor sugar) 250 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

125 ml kakao

’n Knippie sout

125 ml kookwater

125 ml olie

5 ml vanilla essence Sous 200 ml suiker

1 blikkie ingedampte melk (Ideal milk) 250 ml vars room

5 ml vanilla essence

5 ml caramel essence

10 ml koffie gemeng met 5 ml kookwater Versiering 200 g wholenut-sjokolade ± 60 ml melk of room

METODE

Koek: Klits die eiers, suiker en vanilla essence tot lig en romerig. Sif die droë bestanddel­e twee keer saam en vou baie liggies in die eiermengse­l. Meng die kookolie en kookwater goed en roer by. Bak die beslag in ’n gesmeerde ringkoekpa­n by 180 °C vir 35 minute of tot gaar. Sous: Kook die ingedampte melk, room en suiker en voeg die essence en koffiemeng­sel by. Versiering: Keer die koek uit die pan en giet die sous oor die warm koek. Laat heeltemal afkoel. Smelt die sjokolade en voeg die room by. Smeer of giet oor die afgekoelde koek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa