Kuier Combo

MELKTERTKO­EK

-

Maak 1 koek BESTANDDEL­E

Kors 250 g (270 ml) sagte botter 300 g (535 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol

240 g (285 ml) strooisuik­er (castor sugar)

10 ml bakpoeier

1 ml sout

2 eiers, geklits Vulsel 80 g (140 ml) koekmeel

250 g (295 ml) strooisuik­er (castor sugar)

4 eiergele

5 ml vanieljege­ursel

(vanilla essence)

1 000 ml melk

Versiersui­ker (icing sugar) vir oorsif

METODE

Kors: Verhit die oond tot

180 °C. Sit die botter, meel, strooisuik­er, bakpoeier en sout in ’n voedselver­werker en pols op hoë spoed tot gemeng. Voeg die eiers by terwyl die menger loop en meng totdat die bestanddel­e ’n deegbal vorm. Sit die deeg vir 20 minute in die yskas en verdeel dit in 7 ewe groot porsies. Spuit 8 velle bakpapier goed met kleefweren­de kossproei. Plaas een deegbal op ’n vel papier en bestrooi goed met meel. Plaas nog ’n vel bakpapier bo-op en rol uit tot 5 mm dik. Verwyder die boonste papier en plaas die deeg op die onderste papier op ’n bakplaat. Bak vir 8 – 10 minute of tot goudbruin. Herhaal met die res van die deeg.

Vulsel: Klits die meel, strooisuik­er, eiergele en vanielje saam in ’n mengbak. Verhit die melk in ’n pot tot kookpunt en giet dit oor die eiergeelme­ngsel terwyl jy roer. Gooi die mengsel terug in die pot en roer met ’n draadklits­er oor lae hitte tot dit verdik soos witsous. Kook vir 5 minute tot gaar. Plaas kleefplast­iek direk op die gaar mengsel en laat afkoel tot koud. Verwyder die plastiek en skep die mengsel in ’n spuitsak met ’n 1 cm-tuit. Plaas die eerste koeksirkel op ’n bord, spuit van die vulsel in ’n spiraal daaroor en plaas ’n tweede sirkel bo-op. Herhaal tot al die sirkels en vulsel gebruik is. Sif versiersui­ker bo-oor die koek en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa