Kuier Combo

PEPPERMINT CRISP-TERT

-

Genoeg vir 10 – 12 BESTANDDEL­E

3 x 250 ml-houers room (regte room!)

4 x 360 g-blikke karamelkon­densmelk (caramel treat)

3 x 150 g-plakke Peppermint Crisp

2 x 200 g-pakkies klapperkoe­kies (Tennis biscuits)

METODE

Klop die room tot sagte punte vorm. Jy kan dit met die hand doen, maar wie is nou lus daarvoor! Wees net versigtig indien jy dit met ’n klitser klop dat dit nie botter raak nie. Gebruik ’n draadklits­er en roer die karamel in ’n groot mengbak tot sag en glad – dis belangrik dat daar geen klonte in is nie. Rasper die sjokolade fyn op die growwe kant van jou rasper. Nou vir die lekker deel: Gebruik een pakkie koekies en pak ’n laag onder in jou bak en maak ook ’n ry koekies reg rondom teen die bak se rand staan – regop soos soldate wat bo die vulsel gaan uitkyk. Vou dan die room, asook die helfte van die sjokolade, by die karamel in. Skep die helfte van die karamelwol­k in ’n laag bo-op die koekies. Pak dan nog ’n laag koekies op die vulsel en skep dan die res van die karamelwol­k bo-op. Strooi die oorblywend­e sjokolade oor en sit die tert oornag in die yskas.

WENK:

My ma het dit soms in ’n losboom-koekpan gemaak soos ’n koek, ander kere in bakkies. Die geheim op haar notas sê duidelik: Hy moet 24 uur in die yskas rus voor jy dit kan geniet. >>

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa